Media 24

Geïntegreerde jaarverslag 2013

Issue link: http://www.pads.eezeepage.co.za/i/145556

Contents of this Issue

Navigation

Page 61 of 113

bladsy 60 Direksie Rachel (R C C) Jafta Ton (T) Vosloo Rachel Jafta (52), MEcon en PhD, is 'n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het in 2003 as 'n direkteur by Naspers aangesluit en is in 2007 as 'n direkteur van Media24 aangestel. Sy is die voorsitter van Welkom Yizani Beleggings (RF) Beperk. Sy is lid van die Suid-Afrikaanse Ekonomievereniging, 'n direkteur van Econex, voorsitter van die Kaapstad Karnavaltrust, mede-stigter en voorsitter van die Rachel's Angels-trust en 'n direksielid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse erhoudinge. Sy is voorsitter van Naspers v se mensehulpbronne- en vergoedingskomitee en 'n lid van Naspers se nominasiekomitee. Sy is in April 2013 as voorsitter van Media24 se direksie en 'n lid van Media24 se mensehulpbronne- en vergoedingskomitee aangestel. Sy is voorsitter van Media24 se nominasiekomitee. Ton Vosloo (75) is in 1984 as besturende direkteur van Naspers aangestel en was van 1992 tot 1997 uitvoerende voorsitter. Mnr Vosloo werk as joernalis van 1956 tot 1983, en as redakteur van Beeld van 1977 tot 1983. Hy is 'n direkteur van Media24 en MultiChoice Suid-Afrika Beherend en voorsitter van MIH Beherend. Sedert 1997 is hy nie-uitvoerende voorsitter van die Naspers-direksie. Hy is 'n voormalige voorsitter van Sanlam, M-Net, WWF Suid-Afrika en die Kaapse Filharmoniese Orkes. Hy was in 1970 'n Nieman-genoot aan Harvard-universiteit. Drie eredoktorsgrade is aan mnr Vosloo toegeken. Boetie (J J M) van Zyl Boetie van Zyl (74) se kwalifikasies sluit in BScIng(Meg) en PrIng. Hy het in 1988 as 'n direkteur by die Naspers-groep aangesluit. Hy is 'n lid van die direksies van MIH Beherend, Media24 en die Vredesparke-stigting. Hy is voorsitter van Naspers se oudit- en risikokomitees en 'n lid van die oudit- en risikokomitees van Media24 en MIH. Hy is ook 'n lid van die mensehulpbronne- en vergoedingskomitees, en nominasiekomitees van Media24 en Naspers. Koos (J P) Bekker Koos Bekker (60) het die span gelei wat die betaaltelevisie-onderneming M-Net/MultiChoice in 1985 gestig het. Hy was ook 'n stigter van die selfoonoperateur MTN. Hy het die MIH-groep aangevoer in sy internasionale en internetuitbreiding tot in 1997, toe hy uitvoerende hoof van Naspers geword het. Hy dien in die direksies van ander maatskappye in die breë groep, asook verskeie openbare instansies. Sy akademiese kwalifikasies sluit BAHons in en 'n eredoktorsgraad in handel (Stellenbosch), LLB (Wits) en MBA (Columbia). Media24 Beherend Eiendoms Beperk

Articles in this issue

Archives of this issue

view archives of Media 24 - Geïntegreerde jaarverslag 2013